Die Vrystaatse gesondheidsdepartement vereer gesondheidswerkers
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 1
- 1 min read
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het uitstaande gesondheidswerkers, spanne en fasiliteite regoor die provinsie vereer tydens die eerste Bophelo Prestasie-uitnemendheidstoekennings.
Die toekennings is by die Bloemfonteinse Stadsaal gehou. Die seremonie het die departement se verbintenis tot die erkenning van uitsonderlike prestasie, innovasie en dienslewering herbevestig.
Die 2025 Bophelo-toekennings is deur die Departement van Gesondheid befonds en ondersteun deur vennootskappe met die privaatsektor.






Comments