top of page

Die Vrystaatse Jeugorkes het ‘n nuwe dirigent

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 22
  • 1 min read

Dingaan Chabalala is as dirigent van die Vrystaatse Jeugorkes aangestel. Luidens ‘n plasing op die sossiale media blad van die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO) in Bloemfontein, is Chabalala 'n hoogs ervare musiekopvoeder en bedrewe trompetspeler. Hy het nie net 'n diepgaande vermoë getoon om musiek te onderrig en individuele koperinstrumentstudente te mentor nie, maar het ook 'n sleutelrol gespeel in die leiding van orkeste. Hy dien tans as die hoof uitvoerende beampte en artistieke direkteur van die onlangs gestigte Noord-Kaap Simfonieorkes. Chabalala se aanstelling merk 'n opwindende nuwe hoofstuk vir die Vrystaatse Jeugkoor, en die FSSO is vol vertroue dat sy leierskap die volgende generasie orkestalent in die Vrystaat sal inspireer.

 
 
 

Comments


bottom of page