Die Vrystaatse LUR moedig mense aan om alle misdaad aan te meld
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 5, 2025
- 1 min read
Alhoewel groot verbeterings nodig is, is die Vrystaatse polisie glo tevrede met die nuutste misdaadsyfers. Netwerk24 berig dat die Vrystaatse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, Vrystaters aangemoedig het om alle misdade aan te meld om ’n duidelike prentjie te kry van kwessies wat aandag nodig het. Hy verduidelik in ’n voorbeeld dat, terwyl statistieke toon dat veediefstal afgeneem het, daar gerugte is dat nie alle veediefstal aangemeld word nie. Mbalula moedig boere aan om enige vorm van misdaad aan te meld sodat hulle ’n werklike prentjie van die situasie kan kry. Dit sal glo die burgers se vertroue in die polisie bevorder.







Comments