top of page

Die Vrystaatse onderwysdepartement het meer as R2.5 miljoen se boetes

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 3
  • 1 min read

Die Vrystaatse Onderwysdepartement het meer as R2.5 miljoen aan boetes opgebou.


Dit aangesien betalings aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, pensioenfondse en die staatsdiens mediese fonds nie betyds gemaak is nie.


Die situasie dui op finansiële wanbestuur en swak beplanning, terwyl fondse wat skole, onderwysers en leerders moes bevoordeel, vermors word.


Die minister van Onderwys, Siviwe Gwarube, het intussen belowe om saam met Tesourie en die provinsiale finansiële departemente te werk om die druk te verlig.


Sy sê beleggings in onderwys moet ’n nasionale prioriteit wees vir die land se toekoms.


Siviwe Gwarube. FOTO: Facebook
Siviwe Gwarube. FOTO: Facebook


Comments


bottom of page