Die Vrystaatse onderwysdepartement kry nuwe voertuie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 18
- 1 min read
Nuwe busse en diensvoertuie is aan die Vrystaatse onderwysdepartement oorhandig om leerdervervoer en dienslewering in die provinsie te versterk.
Volgens inligting wat deur die Vrystaatse onderwysdepartement gedeel is, sluit die oorhandiging busse en 30 diensvoertuie ter waarde van R19.4 miljoen in.
Die busse sal veral leerders uit boerderygemeenskappe en afgeleë gebiede help om veilig en gereeld toegang tot onderwys te kry.
Intussen sal die diensvoertuie gebruik word om amptenare te help om skole te besoek, programme te monitor en opvoeders te ondersteun.
Volgens die departement is sowat R30 miljoen die afgelope 12 maande aan voertuie vir onderwys bestee.







Comments