Die Vrystaatse polisie wil geslagsgebaseerde geweld uitroei
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 20
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat is daartoe verbind om geslagsgebaseerde geweld uit te roei en die mees kwesbare lede van ons samelewing te beskerm.
Hierdie verbintenis is versterk met die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging van ‘n 43-jarige man in die Kroonstad-streekhof. Die voorval het in 2019 in KoeKoe Village in Maokeng plaasgevind toe ‘n 43-jarige buurman ‘n 11-jarige slagoffer verkrag het.
‘n Saak van verkragting is by die Maokeng-polisiestasie geregistreer.
‘n Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die verdagte is skuldig bevind aan verkragting en tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
LUISTER:






Comments