top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Vrystaatse Premier bemagtig misdaadvoorkomingsgroepe in Mangaung

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 13, 2024
1 min read

Die Vrystaatse premier Maqueen Letsoha-Mathae, het saam met die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, asook verskeie misdaadvoorkomingsgroepe, insluitend Botshabelo-patrolleerders vergader. Die vergadering is gehou om samewerking tussen alle misdaadvoorkomingsliggame en die regering aan te moedig asook om misdaad binne die gemeenskap uit te skakel. Mbalula het verskeie aangaande misdade uitgelig, insluitend veediefstal, afpersing en moord. Hy het bygevoeg dat wetstoepassingsagentskappe spesifieke misdaadvoorkomingsplanne vir die feesseisoen beplan, en het beklemtoon dat gemeenskapspatrolleerders deel van hierdie planne moet wees. Om hul pogings te ondersteun, is meer as honderd skokstokke aan patrolleerders uitgedeel. Volgens die Premier sal patrolleerders eers gekeur word om te verseker dat gemeenskapslede sonder enige kriminele bande by die misdaadvoorkomingspogings betrokke is.

 
 
 

Comments


bottom of page