Die Vrystaatse Premier spring in om probleme by Pelonomi op te los

Na klagtes van mense wat weens ‘n ernstige tekort aan ruimte en mediese personeel by die hekke van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein weggewys is, het die Vrystaatse Premier, MaQueen Letsoha-Mathae, ingespring. Sy het vroeg Donderdagoggend ‘n onmiddellike noodvergadering met die LUR van gesondheid en die hospitaal se uitvoerende bestuur byeen geroep. Luidens ‘n mediaverklaring was die boodskap duidelik, in ‘n samelewing waar openbare gesondheid die hoeksteen van oorlewing vir baie bly, moet geen pasiënt sonder toesig gelaat word nie. Binne ure was 'n oplossing op die tafel. Pasiënte wat sorg by Pelonomi geweier is, sou na die Universitas-hospitaal oorgeplaas word. Die Premier voeg by dat pasiënte is nie net statistieke nie, en dat hulle moeders, vaders, seuns en dogters is wat sorg verdien








Comments