Die Vrystaatse Premier vra groter verantwoordelikheid van inwoners
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 17
- 1 min read
Mense moet ook verantwoordelikheid neem vir die verbetering van hul gemeenskappe en munisipale dienste ondersteun deur daarvoor te betaal.
Dit is die boodskap van Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae tydens 'n vergadering met inwoners van Freedom Square in Bloemfontein.
Volgens inligting wat die Vrystaatse Provinsiale Regering op sosiale media gedeel het, het mense kommer uitgespreek oor misdaad, geweld, swak paaie, vervalle RDP-huise, sanitasieprobleme en 'n gebrek aan ekonomiese geleenthede vir jongmense.
Letsoha-Mathae sê die regering werk aan verskeie programme om gemeenskappe te ondersteun, maar inwoners moet ook hul deel doen deur vir basiese dienste te betaal.
Sy het inwoners verder aangemoedig om voordeel te trek uit ontwikkelingsprojekte en ekonomiese geleenthede wat deur die regering geskep word.








Comments