top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Vrystaatse Premier wil regsadvies inwin

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 17, 2024
1 min read

Die Vrystaatse Premier se kantoor sê hulle het met kommer kennis geneem van 'n koerantberig, wat hulle glo, in stryd is met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) is. SABC News berig die verslag sê waarnemende premier, Jabu Mbalula, is insolvent en onder skuldadministrasie, en dat hy sonder 'n behoorlike keuringsproses aangestel is. Volgens ‘n berig van The City kan 'n individu wat insolvent verklaar is, volgens wet nie 'n openbare amp beklee nie, wat Mbalula dus uit die toppos diskwalifiseer. Die Premier se woordvoerder, Matshidiso Setai, sê hy sal regsadvies inwin oor die pad vorentoe. Setai sê dat ook Mbalula, hom aan die keuringsproses onderwerp het en is gemagtig om as lid van die provinsiale wetgewer te dien.

 
 
 

Comments


bottom of page