Die Vrystaat versterk dienslewering
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 17, 2025
- 1 min read
Om die regering se verbintenis tot doeltreffende dienslewering in die Vrystaat te versterk, is ‘n voertuigvloot van byna R30 miljoen aan verskeie departemente oorhanding.
Die vloot sluit verkeers- en padveiligheidsvoertuie sowel as lykswaens in.
Luidens ‘n plasing op die Departement van Gemeenskapveiligheid, Paaie n Vervoer se sosiale media het die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ook tydens die oorhandiging in Bloemfontein dubbelkajuit-bakkies ontvang.
Instussen berig Journal News die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, het tydens die oorhandiging die belangrikheid beklemtoon om nie die staatsvoertuie vir persoonlike doeleindes te gebruik nie.







Comments