Die Vrystaatse Valke teiken klerevervaarders
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 27
- 1 min read
Die Valke in die Vrystaat het gister ‘n operasie uitgevoer wat ses klerevervaardigingsfabrieke geteiken het. Dit volg nadat die Nasionale Bedingingsraad vir die Klerevervaardigingsbedryf ses fabrieke vir moontlike nie-nakoming geïdentifiseer het.
Die Valke het ‘n 47-jarige fabriekseienaar in hegtenis geneem vir beweerde onwettige besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die fabriekseienaar is gevind met materiaal wat gebruik word om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-uniforms te maak.
Verskeie boetes en kennisgewings is uitgereik vir onder andere beweerde oortredings van die Immigrasiewet, die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, die Nasionale Minimumloonwet en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.






Comments