top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VS gesondheidsdepartement waarsku oor vinnig verspreidende masels

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 7 days ago
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid waarsku dat die huidige masels-uitbreking vinnig versprei, veral in die Mangaung-metro.


Hulle doen 'n beroep op ouers om seker te maak hul kinders is ingeënt.


In 'n video wat deur die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel (GCIS) se Vrystaatse kantoor gedeel is, sê die hoof van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universitas Akademiese Hospitaal, professor Lizzy Tavan, die aantal gevalle neem vinnig toe en die meeste gevalle word in Bloemfontein aangemeld.


Volgens Tavan is masels 'n ernstige virussiekte wat maklik deur die lug versprei en ernstige komplikasies soos breinontsteking, blindheid en selfs die dood kan veroorsaak.


Sy moedig ouers aan om hul kinders se inentingsboekies na te gaan en kinders wat nog nie albei dosisse ontvang het nie, so gou moontlik by 'n kliniek te laat inent.


Ter illustrasie. FOTO: CDC
Ter illustrasie. FOTO: CDC

 
 
 

Comments


bottom of page