Die VS het die meeste munisipaliteite waar ingegryp word
- Saamgestel deur Ilde Roos
- 2 hours ago
- 1 min read
Die Vrystaat het die meeste munisipaliteite waar ingegryp word.
Dit is volgens die departementshoof van die Vrystaatse departement van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings, Tshepiso Ramakarane, tydens 'n vergadering met Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae, en die LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings, Saki Mokoena.
Netwerk24 berig Mokoena het ’n uiteensetting gegee van sommige van die uitdagings waarmee hulle te kampe het. Mokoena het die interne twis in die leierskorps van verskeie munisipaliteite uitgelig wat ’n regstreekse uitwerking op dienslewering het.
Letsoha-Mathae sê gegewe die kompleksiteit van dié uitdagings is dit noodsaaklik om almal onder een dak byeen te bring. Sy sê mense eis en verdien dienslewering.




