Die VS LUR pak gesondheidsorguitdagings
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 23
- 1 min read
Die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, het met die Xhariep-distriksgesondheidsraad vergader om gesondheidsorguitdagings en dienslewering te bespreek.
Die raad het kommer uitgespreek oor vandalisme, personeeltekorte en die behoud van noodmediese personeel. Ten spyte hiervan het die distrik ‘n pasiënttevredenheidskoers van 82 % bereik en ernstige diarreegevalle met meer as 80 % verminder.
Mahlatsi spoor ouers aan om hul kinders in te ent en sê die departement vul befondsde vakante poste.
Hy het ook ‘n linnebestelling van R70 miljoen aangekondig om pasiëntsorg by openbare gesondheidsfasiliteite te verbeter.








Comments