top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VS LUR vir Gesondheid bring hulde aan verpleegsters

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 13
  • 1 min read

Die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, het hulde gebring aan verpleegsters en hulle beskryf as stil, nederige krygers in wit wat hoop, deernis en genesing aan gemeenskappe bring.


In ‘n boodskap ter viering van Internasionale Verpleegstersdag Dinsdag het Mahlatsi verpleegsters geprys vir hul veerkragtigheid, opoffering en toewyding aan die versorging van pasiënte, dikwels onder moeilike omstandighede. Hy sê verpleegsters dra die hoop van ‘n nasie en speel ‘n belangrike rol in die herstel van waardigheid en die redding van lewens.


Mahlatsi het verpleegsters bedank vir hul diens en toewyding en hul beroep een van die edelste geskenke aan die samelewing genoem.


Rosestad-nuus het vroeër berig vanjaar se tema is: “Ons verpleegsters. Ons toekoms. Bemagtigde verpleegsters red lewens.”


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page