top of page

Die VS Nasorgsentrum spog met ‘n nuwe stoep

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 17
  • 1 min read

Die vorige stoep en trappe by die Vrystaat Nasorgsentrum, in Bloemfontein, was ’n potensiële valgevaar vir hulle inwoners, maar danksy die befondsing van die Witherow Trust is die stoep nou ten volle opgeknap, meer toeganklik, veiliger en verbruikersvriendelik. Hulle voeg by op Facebook die Trust en Doxa Deo Bloemfontein Noord het ook nuwe stoepmeubels geskenk. Dit beteken die ruimte wat ‘n belangrike ontmoetingsplek vir hul inwoners is, is nou nog geselliger. Bestuurder van die Trust en NPO-onwikkelingskonsultant, Stephanie Pretorius, het die stoep amptelik geopen, en ter erkenning van haar jarelange betrokkenheid by die sentrum is die stoep na haar vernoem.

 
 
 

Comments


bottom of page