top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VS regering sê gemeenskapslede moenie slaggate herstel nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 4
  • 1 min read

Gemeenskapslede en plaaslike organisasies wat probeer om slaggate te herstel of gevaarlike gedeeltes veiliger te maak, word na bewering deur die Vrystaatse Departement van Paaie opdrag gegee om op te hou, ondanks die feit dat permanente herstelwerk nog nie gedoen is nie.


Dit kom te midde van oproepe vir dringende instandhouding van die verslegtende R59-pad, veral op gedeeltes tussen Bothaville en Vredefort.


Nova News berig die departement is versoek om die oordrag van die pad na die Suid-Afrikaanse Nasionale Pdaagentskap (SANRAL) te bespoedig, terwyl noodsaaklike instandhouding intussen voortgesit word.


Hoewel die regering bevestig het dat dié proses aan die gang is, sê padgebruikers daar is nog geen sigbare verbeterings nie.


FOTO: Nova News
FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page