top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VS Teen-bende-eenheid slaan toe in Bfn se middestad

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

As deel van deurlopende operasies om onwettige middels en bendeverwante misdaad hok te slaan, het lede van die Vrystaatse Teen-bende-eenheid twee verdagtes in die Bloemfonteinse middestad in hegtenis geneem.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê dwelms ter waarde van sowat R60 000 is gekonfiskeer.


Die polisie het op grond van inligting van ’n betroubare bron ’n geteikende klopjag op ’n winkel in die sentrale sakegebied uitgevoer.


’n Groot hoeveelheid CAT is tydens die deursoeking gevind.


Die twee verdagtes, onderskeidelik 26 en 48 jaar oud, word van dwelmhandel aangekla.


’n Saak is by die Parkweg-polisiestasie geregistreer en die twee sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: EWN
Ter illustrasie. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page