Die VSA bestudeer die nadelige gevolge van entstowwe

Oct 9
1 min read
Die Verenigde State van Amerika (VSA) het ’n reeks ingrypings aangekondig om die nadelige gevolge van entstowwe te bestudeer.
Die Amerikaanse minister van gesondheid, Robert Kennedy jr., sê die regering moet luister na pasiënte en families wat beweer dat hulle weens entstowwe skade gely het. Die VSA sê ’n sentrum sal gestig word wat daarop sal fokus om nadelige gevolge van entstowwe te monitor en aan te spreek.
Kennedy is bekend as ’n entstofskeptikus en het kritiek van gekwalifiseerde dokters ontlok oor sy standpunte oor gesondheidskwessies.









Comments