Die VSA en China stem saam dat Iran nie kernwapens moet bekom nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 15
- 1 min read
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy en die Chinese president, Xi Jinping, sluit Vrydag hul tweedaagse spitsberaad om kwessies te bespreek oor die oorlog in Iran, handel en Taiwan af.
Die presidente het ooreengekom dat Iran nie toegelaat kan word om kernwapens te bekom nie. Trump sê hy en die Chinese leier het ook ooreengekom oor die noodsaaklikheid dat Iran die Straat van Hormuz heropen. Iran het skeepvaart in die belangrike waterweg beperk ná gesamentlike aanvalle deur die VSA en Israel vroeër vanjaar.
Trump sê Xi het ook belowe om Iran nie van militêre toerusting te voorsien nie.
China dring daarop aan dat die oorlog in Iran nie moes plaasgevind het nie, en het ’n oplossing vir die konflik so gou as moontlik gevra. China sê die oorlog bevoordeel niemand nie en het geen rede om voort te gaan nie.








Comments