Die VSA gaan glo nou die G20 bywoon
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 20
- 1 min read
Bronne het glo aan SABC News bevestig dat die Verenigde State van Amerika (VSA) nou die G20-beraad in Johannesburg wil bywoon.
Dit ten spyte daarvan dat president Donald Trump voorheen gesê het dat die VSA nie sou deelneem nie.
President Trump het vroeër aangekondig dat geen amptenaar aan enige G20-vergadering sou deelneem nie.
Dit is nie duidelik wie die VSA in die besprekings sal verteenwoordig nie.
Intussen het The Guardian vroeer berig dat Suid-Afrika die VSA daarvan beskuldig dat hulle “dwang deur afwesigheid” probeer toepas.
Dit nadat Donald Trump se administrasie bevestig het dat hulle die G20-vergadering in Johannesburg sou boikot.
Hulle het ook gesê het dat geen finale verklaring deur G20-leiers sonder hul teenwoordigheid uitgereik kan word nie.






Comments