Die VSA sê aanvalle in Iran was selfverdediging
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 37 minutes ago
- 1 min read
Die Verenigde State sê nuwe aanvalle is op Iranse missielterreine en bote uitgevoer wat glo besig was om landmyne te plaas.
Volgens die Amerikaanse Sentrale Kommando is die aanvalle uit selfverdediging uitgevoer om Amerikaanse troepe teen bedreigings te beskerm.
Die Amerikaanse weermag sê hy sal voortgaan om sy magte te verdedig, maar steeds selfbeheersing toepas tydens die voortgesette wapenstilstand tussen die twee lande.
Intussen sê die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, dat ’n moontlike ooreenkoms om die konflik te beëindig steeds bereik kan word.
Die BBC berig Rubio kan moontlik Dinsdag met Iran se hoofonderhandelaar en Katar se eerste minister vergader.








Comments