top of page

Die VSA wil verhoed dat Rusland en China Groenland oorneem

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 24 hours ago
  • 1 min read

President Donald Trump sê die VSA moet Groenland besit om te verhoed dat Rusland en China dit oorneem.


Die Withuis het onlangs gesê die administrasie oorweeg dit om die semi-outonome gebied van mede-Navo-lid Denemarke te koop, maar dit sal nie die opsie uitsluit om dit met geweld te annekseer nie.


Denemarke en Groenland sê die gebied is nie te koop nie.


Die BBC berig dat militêre optrede volgens Denemarke die einde van die trans-Atlantiese verdedigingsalliansie sal beteken.


Donald Trump. FOTO: Facebook
Donald Trump. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page