top of page

Die weerdiens waarsku teen swaar reën

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die publiek - ook in die Vrystaat - aangespoor om versigtig te wees, aangesien swaar reën Vrydag oorstromings in verskeie provinsies kan veroorsaak.


‘n Oranje vlak vyf-waarskuwing is in plek vir erge donderstorms in dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat en Noordwes. Dit kan lei tot die oorstroming van paaie, laagliggende gebiede en brûe.


Die weerdiens waarsku ook teen moontlike skade aan nedersettings, infrastruktuur, voertuie en vee.


Erge donderstorms, skadelike winde, oormatige weerlig en hael word ook in die uiterste suide van KwaZulu-Natal verwag.


Ter illustrasie. FOTO: Tanya van Rooyen
Ter illustrasie. FOTO: Tanya van Rooyen

 
 
 

Comments


bottom of page