Die weermag help glo nie om misdaad te bekamp nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 31
- 1 min read
Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron, sê die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om die polisie in die stryd teen misdaad by te staan, lewer nie die gewenste resultate nie.
Volgens hom is soldate na gebiede gestuur wat deur bendegeweld en onwettige mynbou geteister word, maar die probleme duur voort.
Cameron se uitlatings volg nadat minstens 16 mense die afgelope naweek in massa-skietvoorvalle in die Wes-Kaap oorlede is.
Onwettige mynbou bly intussen ook 'n uitdaging in provinsies soos Gauteng en Limpopo.








Comments