top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die weermag is nie geskik om die land te verdedig nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 1, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is nie in ‘n geskikte toestand om die land te verdedig nie. Dit volgens die adjunkminister van verdediging, Bantu Holomisa. Volgens hom is dit as gevolg van verouderde toerusting en onderbefondsing. Holomisa het egter verseker dat die land nie tans onder enige bedreiging van aanval verkeer nie. Hy het bygevoeg dat die onrus in Julie 2021 en die onlangse vloede in die Oos-Kaap die weermag in die verleentheid gestel het. Holomisa se kommentaar volg kort na die minister van verdeging, Angie Motshekga, gesê het dat ten spyte van die weermag se finansiele en operasionele probleme hulle steeds die land en sy mense teen enige veiligheidsbedreiging kan beskerm.

 
 
 

Comments


bottom of page