top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die weermag kom die Vrystaat ook beskerm

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Updated: 1 day ago

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gaan in die Vrystaat ook ontplooi word om misdade soos bendegeweld en onwettige mynbou in samewerking met die polisie te takel.


Netwerk24 berig die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die ontplooiing gaan oor 13 maande strek met meer as 2 000 weermaglede wat oral in die land ontplooi sal word. Masemola beklemtoon dit sluit al nege provinsies in, insluited die Vrystaat.


Volgens hom is die doel van die ingryping om die polisie ruimte te gee om sowel misdaad op straat te hanteer en georganiseerde misdaadgroepe te ontwrig en te ontmantel.


Masemola het verwys na onder meer die Vrystaat, Gauteng en Noordwes waar gesofistikeerde misdaadgroepe verlate en bestaande myninfrastruktuur gebruik, asook geweld tussen mededingende groepe wat noodsaaklike infrastruktuur beskadig en tot die agteruitgang van die omgewing bydra.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page