Die weerprofete voorspel 'n nat drie maande
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 30, 2025
- 1 min read
Vrystaters moet die volgende drie weke gereed maak vir nog swaar reën oor die provinsie heen. So sê weervoorspellers nadat baie distrikte reeds meer as 200 mm reën net in November gemeet het.
Netwerk24 berig byna 100mm reën het in 24 uur in dele van die Rouxville-distrik in die Suid-Vrystaat geval, met damme en spruite wat oorloop en paaie wat verspoel het. Die reën sak ook aanmekaar in Bloemfontein uit.
'n Onafhanklike weervoorspeller van Bloemfontein, Johan van den Berg, sê daar sal hierdie week week swaar reën oor die hele provinsie uitsak, met die meeste dele van die Vrystaat wat tussen 30 mm en 50 mm reën kan ontvang. Hy voorspel dat die Vrystaat in November, Desember en Januarie baie nat maande sal hê, maar dat Februarie en Maart weer baie droog sal wees.







Comments