top of page

Die WGO wil belasting op suikerhoudende drankies verhoog

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 14
  • 1 min read

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vra vir ‘n hoër belasting op alkoholiese en suikerhoudende drankies.


Die organisasie het kommer uitgespreek oor die hoë verbruik van hierdie drankies regoor die wêreld.


Hulle sê hierdie hoë verbruik dra tot gesondheidsprobleme onder bevolkings by.


Volgens die WGO dra lae belasting op drank en produkte met ‘n hoë suikerinhoud by tot die voorkoms van vetsug, kanker, hartsiektes en diabetes.


Intussen berig Reuters gebaseer op bewyse van gesondheidsbelastings in lande soos Suid-Afrika en Colombia verwag die WGO dat die belastinginisiatief teen 2035 $1 triljoen sal insamel.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page