Die Wincklers vaar uit teen vet kerkleiers
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 29
- 1 min read
Die singende prediker Heinz Winckler, en sy vrou, Aletté, kritiseer oorgewig kerkleiers wat vir hul gemeentes preek terwyl hulle hulself skuldig maak aan die sonde van vraatsug. Aletté se sakevennoot, Lechi van Rooyen, het ook te velde gegaan teen kerkbasaars, “wat die meeste suiker het wat jy jou kan indink”.
Rapport berig die egpaar het in ’n onlangse aflewering van Heinz se podsending gesê anders as sommige ander sondes kan vraatsug nie verbloem word nie.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder volgens hulle kan alkoholisme weggesteek, en rook kan met parfuum en pepermente verbloem word, maar vraatsug wys op die liggaam.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Aletté meen die kerk fouteer al geruime tyd deur die liggaam as van mindere belang as die siel te beskou. Die drietal het ook hul omstrede sogenaamde "detoks"-program The Exodus Experience verdedig.
Lechi sê sy bestudeer die Skrif en medisyne saam, waarna God volgens haar “prentjies bymekaar bring” en “legkaartstukkies” vir haar inpas wat mens nie in ’n handboek kry nie.
Sy sê dit is hoe sy ’n “hemelse download” ontvang het oor hoe die liggaam kan genees. Sy voeg by dis asof sy iets verstaan wat ander mense nie verstaan nie.








Comments