top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Wincklers vra om verskoning

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Heinz Winckler en sy vrou, Aletté het om verskoning gevra vir hul onlangse uitlatings oor oorgewig kerkleiers.


Die egpaar het gesamentlik op hul onderskeie Facebook-profiele 'n brief geplaas waarin hulle sê hulle het onlangs bewus geword het van die seer, aanstoot en teleurstelling wat veroorsaak is deur hul uitlatings op hul podsending, wat saam met Aletté se sakevennoot, Lechi van Rooyen gemaak is.


Die sanger-prediker en sy vrou verduidelik hulle het besef dat hul woorde rondom sensitiewe onderwerpe soos gesondheid en gewig nie met die nodige sensitiwiteit hanteer is nie, en hoe hulle dit gekommunikeer het, het as oordeelkundig en veralgemeen voorgekom, en baie mense diep seergemaak.


Hulle noem dat soos die kruis hierdie naweek onthou word, 'n mens herinner word aan Jesus se vryelike vergifnis aan almal, en hulle vra nederig ook om vergifnis vir dié wat hulle seergemaak het.


Rosestad-nuus het vroeër berig van die egpaar en hul vennoot se podsending waarin hulle beweer oorgewig kerkleiers preek vir hul gemeentes terwyl hulle hulself aan die sonde van vraatsug skuldig maak.


Lees die ope brief hier.


Heinz en Aletté Winckler. FOTO: Facebook
Heinz en Aletté Winckler. FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page