Winckler bemark 'n Christelike dieet
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 10
- 1 min read
Die sanger en lekeprediker Heinz Winckler se vrou, Aletté, verkoop ’n Christelike dieetprogram op Facebook wat glo help om “demone in jou selle” te verwyder.
Netwerk24 berig in haar bemarkingsplasings sê Winckler die program is meer as ’n dieet, maar ’n totale herstel van liggaam, siel en gees, wat glo help met ontgifting, hormoonbelyning, parasiet-reiniging en die hoor van God se stem.
Vir die aanlyn dieetprogram, genaamd die Exodus Eperience, word 'n sogenaamde "detox kit" van meer as R6 000 gekoop, wat bestaan uit kruie, tinkture en olies wat glo “trauma, toksiene en demone in jou selle” verwyder.
Op haar eie Facebook-blad beskryf Winckler die streng eetprogram as “ ’n heilige reis”.






Comments