'n Vliegtuigwrak is ná 74 jaar opgespoor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 22
- 1 min read
Updated: Jul 23
Die wrak van 'n Pan American World Airways-vliegtuig wat 74 jaar gelede in die Atlantiese Oseaan neergestort het is uiteindelik opgespoor.
Nuusflits berig die Douglas DC-4 het in 1952 kort ná opstyg uit Puerto Rico in die moeilikheid beland nadat twee enjins onklaar geraak het.
Altesaam 52 van die 69 mense aan boord het in die ongeluk omgekom.
Die wrak is sowat 610 meter onder die seeoppervlak met behulp van 'n outonome sonar-duikboot gevind.
Die ontdekking bring afsluiting vir families van die slagoffers en help om een van die lugvaartbedryf se oudste onopgeloste raaisels af te sluit.








Comments