Die WVF-kommissaris is stil-stil afgedank
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die kommissaris van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF), Teboho Maruping, wat in September 2024 geskors is, is afgedank. Dit kom nadat dit aan die lig gekom het dat hy maande ná sy skorsing steeds sy volle salaris – ʼn bedrag van meer as R2 miljoen – verdien, terwyl sy tugverhoor voortgesleep het.
Maroela Media berig die DA se woordvoerder oor indiensneming en arbeid, Michael Bagraim, sê dit is kommerwekkend dat hierdie inligting nie deur die minister van indiensneming en arbeid, Nomakhosazana Meth, bekend gemaak is nie.
Hy sê die DA sal bevestiging van Meth versoek dat Maruping op die departement van staatsdiens en administrasie (DPSA) se Sentrale Register vir afgedankte staatsamptenare geplaas is, asook die tydperk waarvoor hy weens growwe wangedrag van openbare diens uitgesluit is.
Hy voeg by die DA sal voortgaan om volle aanspreeklikheid te eis, insluitend ʼn omvattende hersiening van tugprosesse binne die departement en sy entiteite.








Comments