top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die wêreld se oudste bekende vredesverdrag is op ‘n kleitablet gevind

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29
1 min read

Argeoloë in Türkiye het ‘n kleitablet ontdek wat ‘n deel bevat van die wêreld se oudste bekende vredesverdrag. Hulle het dit verlede jaar by die antieke Hetitiese terrein van Hattusa gevind.


Die tablet bevat artikels 12 tot 20 van die Vrede van Kadesj, waartoe ooreengekom is nadat die leërs van die Egiptiese farao Ramses II en die Hetitiese koning Muwatallis II omstreeks 1300 v.C. in ‘n dooiepunt geëindig het.


Die verdrag het vrede, territoriale integriteit, nie-aggressie, uitlewering en wedersydse bystand tussen die twee beskawings gevestig.


Die kleitablet met die vredesverdrag. FOTO: Anadolu Anjasi
Die kleitablet met die vredesverdrag. FOTO: Anadolu Anjasi

 
 
 

Comments


bottom of page