Die wêreld se oudste landdier is stadig maar seker nog aan die gang
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
’n Reuse Seychelle-skilpad, wat glo die wêreld se oudste lewende landdier is, leef en is gesond ná bewerings dat hy dood is.
Sky News berig plasings op sosiale media het opgeduik waarin beweer is dat Jonathan, wat volgens sy amptelike webwerf ongeveer 193 jaar oud is, dood is.
Berigte van Jonathan se sogenaamde afsterwe is op X geplaas deur 'n rekening wat vernoem is na Joe Hollins, 'n veearts wat vir Jonathan gesorg het en voorheen oor sy ervarings gepraat het.
Die Friends of the British Overseas Territories het egter die Seychelle se goewerneur aangehaal wat sê die regte Joe Hollins het nie ’n X-rekening nie, en dat Jonathan die skilpad lewendig is.
Dié vals rekening vra glo vir kripto-skenkings en het onlangs sy gebruikersnaam verander.








Comments