top of page

Die wêreld staan saam om 'n oud-Bloemfonteinse radiopersoonlikheid te help

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 13
  • 1 min read

'n Oud-Bloemfonteiner en bekende radiopersoonlikheid, Jaco de Wet, sê die ondersteuning wat hy en sy familie plaaslik en van regoor die wêreld kry, is ongelooflik.


De Wet se kleindogter, Mia, is in China gebore en onlangs met Krabbe-siekte gediagnoseer. Dit is 'n seldsame genetiese opbergingsversteuring. Daar is geen kuur vir die siekte nie, maar daar is hoop in die vorm van ‘n stamseloorplanting. Volgens De Wet sal die prosedure die groei van die siekte vertraag en Mia ‘n kans gee op ‘n normale lewe.


De Wet vertel dit is vir sy seun, Franco, en skoondogter, Corlea – ook oud-Bloemfonteiners – moeilik om familie-ondersteuning so ver te hê, maar hulle het wonderlike vriende van regoor die wêreld.


De Wet is baie dankbaar vir die finansiële bystand wat so baie Bloemfonteiners tot dusver gebied het om te help om die stamseloorplanting hopelik moontlik te kan maak.


LUISTER:



Jaco de Wet en sy kleindogter, Mia, in China. FOTO: Leah du Preez
Jaco de Wet en sy kleindogter, Mia, in China. FOTO: Leah du Preez

Comments


bottom of page