Die wêreld staar moontlik die ergste energiekrisis in dekades in die gesig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Die wêreld kan moontlik die ergste energiekrisis in dekades in die gesig staar te midde van toenemende spanning tussen die VSA en Iran.
Volgens BBC News volg dit nadat Amerikaanse president Donald Trump gedreig het om Iran se kragstasies te vernietig indien die strategiese Straat van Hormuz nie heropen word nie.
Iran het intussen gewaarsku dat hy sal terugkap deur belangrike infrastruktuur in die streek te teiken.
Intussen berig RNZ die spanning rondom dié belangrike skeepsroete, waardeur sowat ’n vyfde van die wêreld se olie beweeg, het reeds wêreldmarkte geruk en brandstofpryse laat styg.
Die Internasionale Energie-agentskap waarsku dat die wêreld nou ’n groot ekonomiese bedreiging in die gesig staar, met geen land wat die impak sal vryspring nie.








Comments