top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Wêreldbank sê ekonomiese groei sal die laagste sedert Covid-19 wees

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 12
  • 1 min read

Die Wêreldbank het gewaarsku dat ekonomiese groei wêreldwyd die laagste sal wees sedert die Covid19-pandemie - weens die oorlog in die Midde-Ooste.


SABC-nuus berig die bank het sy voorspellings vir ekonomiese groei tot 2,5 % verminder.


Die Wêreldbank het $60 miljard beskikbaar gestel vir ontwikkelende lande wat die ergste deur die krisis geraak word. Die bedrag kan in die komende maande tot $100 miljard verhoog word.


Volgens 'n verslag van die Wêreldbank sal voedselpryse verder onder druk kom weens die El Nino-weerpatroon. Veral lande in sub-Sahara is kwesbaar.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page