top of page

Diefstal laat Bloemfonteiners in die duister

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 5, 2025
  • 1 min read

Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, ontvang talle klagtes van gesteelde airdac-kabels, dit is die kabels wat meters met die netwerk verbind.


Luidens ‘n aanlyn plasing het Centlec reeds ‘n anderstand met die herinstallasies van dié kabels, en dus word Bloemfonteiners gedwing om maande vir herinstallasie te wag.


Centlec voeg by dit is verder ook nie volhoubaar nie, aangesien miljoene rande vermors word, en hulle gedwing word om die selfde probleme oor en oor op te los.


Die kragvoorsiener doen ‘n beroep op die gemeenskap om meer waaksaam te wees en enige verdagte gedrag - sowel as die wat hierdie tipe misdaad pleeg, by die naaste polisiestasie aan te meld.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page