top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Diens gaan by kraglose staatsgeboue in die Vrystaat voort

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 7, 2025
1 min read

Elektrisiteittoevoer na van die Vrystaatse staatsdepartementsgeboue is afgesny, maar hulle diens aan die publiek gaan voort. Die Vrystaatse staatsdepartement bevestig in ’n mediaverklaring dat die elektrisiteitstoevoer weens agterstallige betalings afgesny is. Die departement is bewus dat Mangaung Metro Munisipaliteit gedwing was om dit te doen weens finansiële uitdagings wat die munisipaliteit self ook ervaar. Die regeringsdepartement brei uit dat, alhoewel daar geen vinnige oplossing vir die uitdaging is nie, hulle wel aan ’n strategie werk om hul rekenings te vereffen. Verskeie departemente, insluitend die Lengau toetsstasie en die premier se kantoor, word glo direk geraak. Die Vrystaatse regering wil die publiek gerusstel dat, met behulp van kragopwekkers, alle dienste soos normaal voortgaan.

 
 
 

Comments


bottom of page