Die VN steun Trump se plan vir Gasa
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 18, 2025
- 1 min read
Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het ’n resolusie goedgekeur wat Amerika se president Donald Trump se 20-punt-plan vir Gasa steun.
Dit sluit die stigting van ’n internasionale stabilisasie-mag in. Dertien lede het dit gesteun, terwyl Rusland en China hul van stemming weerhou het.
Die VN sê dit is ’n belangrike stap om die skietstilstand te versterk, maar Hamas het dit verwerp en beweer die plan ondermyn Palestynse regte en plaas Gasa onder internasionale voogdyskap.
Die internasionale stabilisasie-mag sal saam met Israel, Egipte en ’n nuwe Palestynse polisiemag werk om grensgebiede te beveilig en gewapende groepe te ontwapen.







Comments