top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Diewe buit presidensiële borsbeelde uit 'n Bfn museum

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 11
  • 1 min read

Misdadigers het by die Ou Presidensie in President Brandstraat in Bloemfontein ingebreek.


Die woordvoerder van die Departement Sport, Kuns, Kultuur en Rekreasie, Tankiso Zola, sê saak is by die polisie aangemeld en dit word ondersoek.


Bloemnuus Express berig volgens ‘n ingeligte is twee borsbeelde van presidente onder die kosbaarhede wat gesteel is. Daar was blykbaar geen krag tydens die inbraak nie.


Die VF Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer, Armand Cloete, sê die items in die Ou Presidensie is van onskatbare waarde en dit wat nou gesteel is, is vir toekomstige geslagte verlore.


Zola sê die departement se veiligheids-afdeling ondersoek nou die veiligheid van die museum.


FOTO: Nova News
FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page