top of page

Digitale stelsel word ingestel om swartmark-medisynehandel te bekamp

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 13, 2025
  • 1 min read

Die Departement van Gesondheid is besig om 'n nuwe elektroniese mediese rekordstelsel in te stel om mense wat medikasie by verskeie klinieke afhaal en dit weer verkoop, te help bekamp. Primedia berig volgens die departement se woordvoerder is ongeveer 80% van openbare klinieke en hospitale reeds gekoppel, met volle implementering wat in die komende maande verwag word. Die stap volg na berigte van voorskrifmedisyne soos antibiotika en ARV's wat op straat verkoop word. Van die aanvraag hou verband met buitelandse burgers wat toegang tot openbare gesondheidsorg geweier word. Die departement voeg by hierdie soort swartmarkhandel is nie net onwettig nie, maar ook gevaarlik, aangesien vervalde of verkeerd hanteerde medikasie lewens in gevaar kan stel.

 
 
 

Comments


bottom of page