top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dihlabeng-munisipaliteit sê kragtoevoer na reservoirs hervat

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 20, 2025
1 min read

Die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit in die Noordoos-Vrystaat sê die elektrisiteitstoevoer na die Saulspoort-waterbehandelingswerke en Vogelfontein is herstel. Newskoop berig die munisipaliteit sê die elektrisiteitspan was Donderdag egter steeds besig om ʼn fout, wat kragtoevoer na Bakenpark raak, te probeer opspoor en herstel. Boonop is herstelwerk aan die gebarste pyp in die vroeë oggendure voltooi, en die pomp van water na die reservoirs is hervat. Ten spyte hiervan bly die Birdcage-reservoir byna leeg. Om dit te bestuur sal die munisipaliteit waterbeperkings vanaf 18:00 Donderdag tot 06:00 Vrydag instel. Dit sal voortduur totdat reservoirvlakke minstens 50 persent bereik.

 
 
 

Comments


bottom of page