Dinge lyk goed vir begroting 3.0.

May 16, 2025
1 min read
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê gesprekke oor die hersiene begroting verloop “baie, baie goed”. Volgens Business Tech het hy by die Nampo-oesdag in die Vrystaat gesê die nuwe begroting bied ’n sterk basis vir groei en werk. Dit volg ná meningsverskille tussen die ANC en DA oor kwessies soos ’n voorgestelde BTW-verhoging. Die Tesourie het intussen dié verhoging laat vaar en beplan nou om R75 miljard se besteding te sny. Adjunkminister van Finansies, David Masondo, glo wetgewers sal die begroting op 21 Mei goedkeur. Intussen het die rand versterk ná verwagtinge dat ’n nuwe inflasieteiken binnekort aangekondig sal word. Die SARB en Tesourie werk sedert Februarie aan dié inflasie-raamwerk.








Comments