Diplomatieke stappe is teen die VSA-ambassadeur ingestel

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) het diplomatieke stappe teen die Amerikaanse buitelandse ambassadeur, Leo Brent Bozell III, ingestel.
Dit volg nadat Bozell in ’n openbare verklaring gevra het dat Pretoria aan die vyf eise van die Trump-administrasie te voldoen. Dit sluit in die beskerming van eiendomsregte, die omkeer van die Onteieningswet en veranderinge aan die breëbasis-swart ekonomiese bemagtiging-beleid.
Pretoria FM berig Washington wil ook hê die regering moet die Kill the Boer-lied veroordeel en stappe doen om veiligheid op plase en in landelike gebiede te verbeter.
Die diplomatieke spanning tussen Washington en Pretoria neem toe oor verskeie beleids- en bilaterale kwessies.









Comments