Dirco sê Amerika skets verkeerde prentjie oor plaasaanvalle
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 20, 2025
- 1 min read
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) sê die prentjie wat sy Amerikaanse eweknie se Buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid (DRL) in ’n onlangse verslag skets, word nie deur die feite gestaaf nie.
Maroela Media berig die Suid-Afrikaanse regering hou voet by stuk dat plaasaanvalle nie deur ras of opruiende rasse-retoriek gemotiveer word nie.
Dirco sê die vierde kwartaal van die 2024-’25-boekjaar se statistieke toon ʼn totaal van ses aangemelde moordgevalle in boerderygemeenskappe tussen 1 Januarie en 31 Maart vanjaar. ʼn Ontleding van die slagoffers toon ook dat hierdie misdade nie teen ʼn enkele rasgroep gemik is nie aangesien slegs twee van die slagoffers boere was.
Dirco se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê terwyl die verlies van enige lewe ʼn tragedie is, toon hierdie statistieke nie ʼn patroon van optrede wat gedryf word deur opruiende rasse-retoriek teen ʼn spesifieke gemeenskap nie.






Comments