top of page

'Dis belangrik om in die onderwyssektor te belê'

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Dis van uiterse belang om in die onderwyssektor te belê.


So sê die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube.


Sy het vroeër afgevaardigdes tydens die bekendstelling van die Onderwysuitkomstefonds toegespreek.


Befondsing is van die regering, sakeondernemings en skenkers verkry om vroeë leerdienste uit te brei en uitkomste vir kinders van nul tot vyf jaar te verbeter.


Die finansiering van R496-miljoen is daarop gemik om toegang tot gehalte Vroeë Kinderversorging en -onderwys regoor Suid-Afrika te versnel.


Volgens Gwarube sal hierdie geld die onderwysgehalte verbeter en benadeelde kinders bemagtig.


Siviwe Gwarube. FOTO: News24
Siviwe Gwarube. FOTO: News24

Comments


bottom of page